Welkom

ONS PLIG, ONS LUS

Hoërskool McLachlan is in 1912 amptelik geopen.
Dit het intussen ryk bygedra tot die welvaart van die Langkloof en ons land as geheel.
Dit dra die naam van ‘Oumeneer’ J. Du T. McLachlan, die legendariese skoolhoof vanaf 1914 tot 1940.

 
 

Oor Ons


Die skool spog met 100% matriekslaagsyfer oor 9 jaar. Ons is ook amptelik aangewys as een uit minder as 10 skole in ons Onderwysdistrik wat as toppresterende skool jaar na jaar goeie uitslae behaal.
Ons spog ook as een van baie min skole wat met Landbouwetenskap as matriekvak aanbied en is een van die eerste skole in die Ooskaap wat die vak hier in die 1930’s gevestig het.
Dramakuns is een van ons spesiale vakke.
Daar is nie ’n ander skool in ons omgewing,tot in Port Elizabeth eers, wat die vak aanbied nie.

Skoollied :

Hier waar die peer en appel groei,
Waar suikerbos teen die rante bloei,
Hier staan die skool wat ons ere dra
Wat met reg ons trou kan vra.
Deur die Hoër Hand gelei
Sal ons al ons kragte gee en wy,
Aan die Hoogste, aan die skoonste,
Aan ons skool ons eer, ons volk, ons Heer.
Aan ons leuse trou sal ons steeds voortbou,
Ons plig sal bly ons lus.
 
 

Hoogtepunte

RUGBY

Sport - Algemeen