Redenaars in McLachlan
posted by : dewald
25 Jan 2012
Dit is 'n voorreg om McLachlan se redenaars elke jaar aan die ATKV-kompetisie te laat deelneem. Ons is die kleinste skool, maar elke jaar het ons kinders wat deurdring na die volgende rondte, daarom is dit te veel name om op te noem.
Die kinders is aanvanklik bang om te praat, maar as die hulle gebyt het, is hulle elke jaar agter die katedor. Dit is wonderlik om te sien hoe leerders se leierskap, redeneringsvermoë en selfvertroue ontwikkel as hulle redenaars praat.